contents

Sidelines

Brandan

Brandan

BRANDAN REYNOLDS was born in Cape Town on July 4th, 1970. He studied fine art there at Michaelis Scool of Fine Art in 1988, and then at the Ruth Prowse…>

'20140601_brandan': Africartoons.com
Add Share
 
© Brandan | Jun 01, 2014 | Rapport

20140601_brandan

[Letter to the editor, Rapport]

http://www.rapport.co.za/images/nametag_bg.jpg); background-position: 0% 0%; background-repeat: no-repeat no-repeat;">

Reinhold Swart, Bellville.

 Rapport-gebruiker

Spotprent, brief het ‘man gespeel’

deur Reinhold Swart, Bellville, skryf:2014-06-07 23:02

Die afgelope Sondag het Rapport mnr. Marthinus van Schalkwyk onbillik behandel.

As minister van toerisme het hy sy departement uitstekend bestuur en SA het gedy as toeriste-mekka. Daar was nooit sprake van korrupsie of ’n skandaal nie. 

In ons politiek wil dít gedoen wees. 

Hy staan dalk skuldig as politieke opportunis, maar soms dwing die winde van verandering jou om mantel te draai.

Ek geniet Brandan se kol-tref-sketse baie, maar Sondag s’n het ’n wrang smaak gelaat. Ek en die oudminister is tydgenote en in hierdie stadium van ons lewe is ons kaal agterstewe dalk allesbehalwe vleiend. Van Schalkwyk op ’n sonbaai-leunstoel, piña colada in die hand en ’n tatoeëermerk op sy boarmspiere sou net so treffend gewees het.

Voorts het die briefskrywer (“As die kabinet regtig van hout was”) vindingryk met sy taal geskaaf en geskuur, maar onnodig die houtlepel ingelê deur na die oudminister as ’n “onooglike stuk dryfhout” te verwys. Etiek vereis dat die man nie gespeel word nie en as so ’n aanvegbare stelling gemaak word, moet dit gekwalifiseer word. 

Dit sinspeel moontlik op Van Schalkwyk wat tussen politieke groeperinge rondgedryf het, maar die “onooglike” was onnodig.