contents

Sidelines

Brandan

Brandan

BRANDAN REYNOLDS was born in Cape Town on July 4th, 1970. He studied fine art there at Michaelis Scool of Fine Art in 1988, and then at the Ruth Prowse…>

'20130106_brandan': Africartoons.com
Add Share
 
© Brandan | Jan 06, 2013 | Rapport

20130106_brandan

[Letter to the Editor, Rapport]

 

http://www.rapport.co.za/images/nametag_bg.jpg); background-position: 0% 0%; background-repeat: no-repeat no-repeat;">

Reinhold Swart, Bellville

 Rapport-gebruiker



Kusdorpe moet munt slaan uit geleenthede

deur Reinhold Swart, Bellville2013-01-13 00:04

Brandan se oulike spotprent in Rapport van 6 Januarie, wat wys hoe Tafelberg glimlag terwyl die Gautengers huis toe keer, tref die kol. 

Sommige kusdorpe bly egter huiwerig om die Desembervakansie tot sy volle potensiaal te benut.

Elke jaar is daar onder andere ‘n hewige debat oor of die kusdorpe die matrikulante gaan huisves.  Die afgelope tien jaar gee byvoorbeeld Hermanus nie bes,  maar dorpe soos Margate verdien goed  uit die geleentheid.  Plettenbergbaai het weer met sy week van vrolike roesemoes ‘n welkome 30 miljoen uit ons telge verdien.  Vele van ons uit die noordelike voorstede is ook getroue belastingbetalers van die Overberg Munisipaliteit,  maar ons kinders is nie daar welkom nie,  en moet die lang,  gevaarlike  pad na Plet aanpak en ten duurste daar bly.  En dit oor ‘n paar sigaretstompies hier en ‘n ou kondoompie daar,  wat heel moontlik vir versieringsdoeleindes gebruik is. 

Met ‘n goeie besigheidsplan wat die sogenaamde "voete" besorg,  kan al die kusdorpies gedy deur  munt uit die somervakansie te slaan.  Stilbaai se stadsvaders slaag meesterlik hierin deur vir ‘n groot toeloop met die raakrugby-toernooi,  die Trans-Agulhas  rubberboot-wedvaart langs die hoofstrand,  die kroning van ‘n bierpens en ‘n fraaie meisie,  en ‘n lekker Oujaarsaand-vrolikheid te sorg.  Hul bestuur veral die jongspan-"tsoenami"  baie goed deur bekostigbare verblyf by Julie se Baai aan te bied,   te sorg vir uitstekende polisiëring,  baie jong-vermaak voor te sit en ‘n gees van hartelike verdraagsaamheid by die inwoners te skep.

Die jonges en hul voggies en Oujaarsaand se klappers bly maar ‘n dilemma,  maar ‘n bietjie verdraagsaamheid is dalk nie te veel gevra nie.

 Dit was  verblydend dat ons spruite en ‘n dosyn studentevriende wat gekom en gegaan het,  eerder bereid was om ver na die Drie Ankers-dansplek te stap,  as om agter ‘n voertuig se stuurwiel in te skuif.  Rede:  ‘n heilige vrees vir Stilbaai se polisie,  nog ‘n pluimpie vir die dorp.  Voorts het hul na-nag geleenthede met  ouers gereël of teen ‘n vriendelike fooitjie van Elvis se Nagbus gebruik gemaak.

Die Oujaarsaand-kaperjolle  was ook ‘n uitbundige  gedoente met  vuurwerke wat reeds vroegaand begin het.  So terloops ... ek vra ‘n oom wat met sy honde langs die riviermonding stap of sy honde nie angsbevange van die harde knalle raak nie.  Hy antwoord daar is nie iets soos  ‘ angsbevange ‘ honde nie,  slegs angsbevange honde-eienaars.  Sy honde  klink soos  Bellville se geharde hardebaard-brakke. 

Ons het dit ook die aand geniet,  reg of verkeerd,  deur  jong, wildvreemde "rylopers" agter op ons  bakkie ‘n geleentheid te gee.  Oujaarsaand-nanag laai ons ‘n  student wat  "effe moeilik" loop op,  en by sy blyplek sê hy by my vrou se venster:   “Dankie Tannie,  eendag as ek groot is,  gaan ek dit ook vir ander doen.“   So,  ‘n paar "goedbedoelde" sopies hou jou "klein" van dankbaarheid.

Baie verkies die stilte van ‘n plekkie langs die kus,  maar ons as  sakelui sal getuig:  daar is net een Saterdag in die week en net een Desember in die jaar ... benut dit ten volle!